Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm  107:1, 8.

Geloofsbelydenis
Wet

Psalm 130:1 (tweede beryming)

Gebed.

Psalm 119:49.

Skriflesing:  1 Johannes 1.
Teks: 1 Johannes 1: 8    
As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie.
In die eerste paar verse van die brief word die inhoud baie duidelik en in perspektief gestel: Dit gaan daaroor dat Jesus Christus met alles wat Hy met sy menslike liggaam gedoen het, aan ons die ewige lewe gee, as ons in Hom glo.

Kom ons gee aandag aan die volgende sake wat uit hierdie Skrifgedeelte vorentoe kom:
1.    Jesus is die Ewige en Lewende.
2.    Ons ewige lewe is onlosmaakbaar vas aan Jesus Christus.
3.    Waarheen nou?


1.    Jesus is die ewige en Lewende.

Jesus self word die Lewe genoem, en vers 2 kondig baie duidelik aan dat dit vir ons gaan oor die ewige lewe.

Die Heilige Gees onderstreep sekere geloofswaarhede vir ons deur dit oor en oor vir ons te sê.
Johannes was sy hele dissipelskap en apostelskap deur baie bewus van hierdie feit, want Hy skryf dit in die evangelie ook so neer:
Die Woord het mens geword en het onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid (Johannes 1: 14).
Wat deur die Bybel onderstreep word, is dat die Here wil hê dat ons gelowiges moet waarneem dat Jesus Christus die persoonlike Lewe is.
Daarom herhaal die brief verskeie dinge rondom die Persoon van Jesus, byvoorbeeld:
Let op na die rede waarom al hierdie dinge wat Jesus raak, vir ons belangrik is:
Die apostel Johannes gaan verder in sy brief en hy lei die gelowiges om hierdie dinge toe te pas op hulle (ons) eie lewens. Daarom stel hy heel eerste die vertrekpunt vanwaar mens moet begin: God is Lig. By God is nie donkerte nie (vgl. 2 Johannes 1: 4; Johannes 1: 4).

Dit laat mens onwillikeurig dink aan ander uitsprake wat die Here Jesus gemaak het, wat almal deur Johannes onthou is:
2. Ons ewige lewe is onlosmaakbaar vas aan Jesus Christus

Daar is dus net lig en waarheid en opstanding uit die dood waar die Here Jesus is.
Daarteenoor word die heerlikheid van die Here in 1 Timoteus 6: 16 met klem as lig uitgebeeld:
Let op hoe die Bybel hierdie saak op ons lewens toepas:
Die punt wat Johannes maak, is dat as hierdie verkeerde dinge voorkom (of die ander nie voorkom nie!) ons oneerlik is teenoor die Here. Dan lieg ons. Hierdie dinge staan teenoor die suiwer elemente van die lewe by die Here, naamlik blydskap, vrede, opregtheid en 'n eerlike lewe.

Dit gaan oor die woord "lewe" (OAV "wandel") wat in vers 6 voorkom.
Ons moet nie hierdie soort van optrede deurmekaarmaak met dit waarvan Paulus in Romeine 7: 15vv. praat nie.
Johannes bedoel nie hierdie manier van sonde doen nie.
In effek het iemand wat in sonde volhard, dan nie gemeenskap met die Here nie - al beweer ons dit.
3. Waarheen nou?

Waar wil die Here met ons heen? Wat is sy boodskap?
Die Here stel dit baie treffend:
Die bloed van Jesus Christus reinig ook menseverhoudinge, want ons almal loop deurmekaar met verkeerde dinge waarvan ons gereinig moet word.
Die mens se verwaandheid of meerderwaardige denke van homself word verskerp:
Daar is altyd mense wat glo dat hulle bitter min sonde doen, of dat hulle lewe feitlik sondeloos is. Hierdie sin is 'n terugspeling op vers 6. So 'n mens mis gemeenskap met Jesus Christus dan ook heeltemal. Hy leef heeltemal uit die lig van God se genade uit.
Hoe moet iemand wat sonde gedoen het die pad vorentoe loop?
Die rede is voor die hand liggend: Die bloed van Jesus het hulle sondes betaal en hulle oortredinge met God versoen. Daar gebeur twee dinge gelyk:
Anders gestel:
Ons moet die eerlike pad loop van sondebelydenis voor die Here.
Al die dinge staan eintlik bekend onder een naam, naamlik heiligwording.
Natuurlik lyk dit asof dit in konflik met ons teksvers is, want daar staan presies die teenoorgestelde, naamlik dat iemand wat beweer dat hy nie sonde doen nie, lieg.
Broeders en susters, kom ons maak 'n saak daarvan om die Here reg te ken en reg te aanbid. Ons veg met al ons krag teen enige vorm van verwaandheid in ons en bely ons sondes en leef daarvan af weg.
Amen.

Slotgebed.

Slotpsalm  146:1, 8.

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr. M.J. du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 25 Augustus 2002.