Sing vooraf:  Psalm 25:1, 2.

Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm 34 : 1.

Geloofsbelydenis: Apostolicum
Na die wet bely ons voor God ons sondeskuld en bid vir  vergewing van ons sondes met Ps. 99 : 4, 5.
Wet
Psalm 99 : 4, 5.

Gebed.
Amen.

Psalm 130 : 1, 2.
Skriflesing: 1 Korintiërs 10
Teks:  1 Korintiërs 10:20c

Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. (1 Korintiërs 10:20 AFR53)

'n Mens hoor nogal dikwels dat sonde net sonde is wanneer ek/ons besluit dat dit sonde is.
In hierdie gedeelte staan 'n beginsel neergepen wat presies die teenoorgestelde leer.
Die saak wat die Apostel stel, gaan uiterlik oor die eet van offervleis, maar innerlik gaan dit oor 'n bepaalde lewenshouding.  Dit gaan oor die spesifieke beginsel dat daar sekere dinge is waarvan ons ons net moet losmaak en los hou.

Paulus rig hom hier bepaaldelik tot die swakker lidmate in die gemeente van Korinte.
Die probleem was dat juis die vroeë christene wat nie mooi kon onderskei waaroor dinge gaan nie, saam met hulle heidense familie en vriende die heidense offermaaltye gaan bywoon het.
In hierdie brief wat aan die gemeente in Korinte geskryf word, word sulke mense kras, maar tog baie liefdevol vermaan om hulle gesindheid te verander en weg te bly van hierdie plekke af.
Die beginsel wat in vers 14 gestel word, is dat enige swakke mens wat enigiets doen teen die wil van God, afgodediens beoefen.

Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.  Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.  Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens. (1 Korintiërs 10:12-14 AFR53)

Die afleiding is dat enige iets wat ons doen wat nie met die wil van God ooreenkom nie, afgodery is.  Afgodery is godsverlating (ook omgekeerd).

Die waarheid rondom die etery van offervleis is ook dat sommige van die gelowiges destyds teen hulle sin aan die offermaaltye deelgeneem het, want hulle was soms soort van verplig deur hulle vriende en familie.
In vers 15 beroep Paulus hom op die verstandigheid van die lidmate in die gemeente van Korinte - bepaaldelik dan die wat vir hulle 'n regverdige saak gaan uitmaak het om van die heidense feeste te gaan bywoon.
Vir die Here is die saak nie so eenvoudig nie.
In die volgende vers praat Paulus oor die Nagmaal.
Hulle optrede is onverenigbaar met die viering van die heilige Nagmaal.
Gemeenskap hê beteken hier die volgende:
Pas nou hierdie beginsel toe op ons daaglikse lewe.
Die waarheid is dat ons in al sulke gevalle voor die Here skuldig staan omdat ons gemeenskap gehad het met 'n saak wat God nie aanstaan nie - al was ons gesindheid wat ookal gewees.

Hierin is 'n soort beeldspraak vasgevat.
Vers 17 herinner die gemeente daaraan dat hulle 'n eenheid is.
Dan kom Paulus terug op sy hooftema : afgodediens.
In die oë van die wêreld dra elke lidmaat in elk geval die smet van die soort geselskap waarmee hy hom ophou.   Die spreekwoord:  “Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou op!” is duidelike bewys van hoe die wêreld oordeel oor groepe en byeenkomste waarmee mense assosieer!

Daardie saak word in vers 19 en 20 skrikwekkend skerp gestel.
Dan kom die keerpunt. Vers 21 :

Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie.
Ons moet wegbreek van mensvrees.
Christus het ook hierdie stryd gehad om die kwaad teen te staan.
Maar nooit was Jesus se optrede Godonterend nie.
Ons Here Jesus het opgestaan uit die graf en uit die dood, omdat dit nie die geselskap is waarin Hy hoort nie.
Hy het hemel toe gevaar om vir ons blyplek te gaan regmaak in die koninkryk van God - waar ons hoort.

Om geleenthede by te woon waar die Gees van die Here nie regeer nie soos om offervleis van die afgode te eet, is 'n Godsonterende lewenshouding.  Die Here noem dit gemeenskap hê met duiwels.

Die sêding dat ons kan beslis oor wat sonde is en wat nie, of dat ons sekere geleenthede kan bywoon omdat ons optrede onskuldig is, is dus nie waar nie.
Die Here Jesus verwag van ons wat Hom bely as ons Verlosser, om met die gawe van onderskeiding te lewe.
Amen.

Slotgebed.
Slotpsalm 122:1.

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr. M.J. du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 18 Desember 2005 (oggend)