Sing vooraf: Psalm 91:1, 4

Ons begin hierdie ontmoeting met God deur openlik teenoor mekaar en teenoor God te verklaar:

Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm 89:1
Geloofsbelydenis: Nicea

Na die wet bely ons voor God ons sondeskuld en bid vir vergewing van ons sondes met Ps. 40:4.
Wet
Psalm 40:4

Gebed
Psalm 146:8

Skriflesing:     2 Johannes 1
Teks:              2 Johannes 1:8

Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar 'n volle loon ontvang. (2 Johannes 1:8 AFR53)

'n Kerk skryf 'n brief aan 'n ander kerk. Dit is 'n brief wat getuig van liefde en respek, omdat die een kerk getuig dat hulle sien dat die ander kerk se lidmate hulle onderskei van die ongelowiges. Hulle word bemoedig om in die gebooie van die Here te wandel.

Johannes noem homself met 'n besondere naam: oudste of ouman.
Waarom gebruik hy dan die woord ouderling of oudste om homself mee te benoem?
Ons gee in hierdie preek aan die volgende twee sake aandag:

1. Die lewe van die uitverkore vrou
2. Verootmoediging teenoor die andersheid van die wêreld

1. Die lewe van die uitverkore vrou

Die brief word geskryf aan iemand baie spesiaals: 'n uitverkore vrou.
Later, toe Johannes die Openbaringboek geskryf het, het hy nogal baie na hierdie vrou verwys. Luister na die volgende aanhaling:

Openbaring 19:7-9:

Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God. (Openbaring 19:7-9 AFR53)

In Openbaring 21 word die Nuwe Jerusalem die bruid van die Here genoem - dan word daar nie net na die stad se mure en poorte verwys nie.
Die naam wat Johannes vir die vrou gee in 2 Johannes vers 1 is baie belangrik:
Die besondere naam is bedoel om die gemeente te herinner aan haar hoë adel en haar hoë roeping.
Uit die brief van Johannes aan die betrokke gemeente (uitverkore vrou) is dit duidelik dat die gemeente wat die brief skryf, dit ervaar dat hierdie besondere gemeente in staat is om voluit te lewe in die genade en liefde van die Here:

Ek was baie bly dat ek van u kinders gevind het wat in die waarheid wandel, soos ons 'n gebod van die Vader ontvang het. (2 Johannes vers 4 AFR53)

Hierdie vers verwys na elke gelowige afsonderlik.
Daarom ontvang hierdie kerk van die Here so 'n uitgebreide seën oor hulle: genade, barmhartigheid en vrede . . .
Jy kan die vrede van God eers ken, nadat jy die God van vrede leer ken het.
2. Verootmoediging teenoor die andersheid van die wêreld

Dit sal nie help om tekere te gaan oor die sondes van al die ander mense van ons land nie, want die grootste gros van die mense wat die Here nie as God wil erken en bely nie, en daarom dinge doen wat teen die wil van die Here is, is nie vandag iewers in 'n erediens nie.
Maar dan moet ons gemeente se belydenis verder gaan as dit.
Wat het die heidene nie gehad nie, wat die gemeentelede vir wie die brief geskryf is, wel gehad het?
Daarom word hierdie uitverkore vrou en haar kinders gewaarsku dat hulle moet lewe volgens al God se gebooie. Hulle moet anders wees en anders bly as die wêreld en sy mense.
Die Here onderstreep hier weer die feit wat op ander plekke in die openbaring van die Here ook voorkom, naamlik dat die dwaalleraars Jesus Christus nie reg verkondig nie:
Maar u moet dit nie losmaak van die voorafgaande verse nie.
Dink nou mooi wat dit alles beteken. Dit is nie waar dat dit net beteken dat daar 'n verval in die kerk intree nie.
Die Here gee duidelike opdragte aan hierdie uitverkore kerk van Hom - en daarom ook aan ons:
Die duiwel is besig om 'n gees in die wêreld rond te strooi wat leer dat almal almal moet verdra, ongeag wat hulle doen en wat hulle glo.
Dit is tog duidelik dat die Here met die woord huis sy kerk bedoel. Dit is die blyplek van die uitverkore vrou aan wie die brief geskryf word.
Die opdrag van die Here betreffende die groet van sulke onheilige persone raak die groet soos dit in vers 3 staan.
Die oordeel van die Here word dadelik aangekondig oor mense wat nie by die ware evangelie bly nie:
Daarteenoor is die volle loon wat ontvang word waar daar in die suiwer leer volhard word, die volmaakte verlossing in Jesus Christus.

Wat moet ons doen? Ons moet ons geloof bely, en ons opnuut daartoe verbind om aan die Here gehoorsaam te wees.
Ons moet opreg bely as 'n gemeente dat ons weet en ervaar dat daar baie verkeerde dinge rondom ons gebeur wat vir die Here uiters aanstootlik is.
Miskien sal die Here ons spaar.
Al gaan dit hoe sleg, kom ons kyk by al die bloed op die strate verby na die bloed van Jesus Christus aan die kruis.
Amen.

Slotgebed
Skrifberyming 31:2, 3 (7-1:2, 3)

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr MJ du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 12 Junie 2005 (oggend)