Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm  18:1, 20.

Gebed.

Psalm  68:9, 16

Skriflesing:  2 Timoteus 4.
Teks:  2 Timoteus 4:
  2 ...verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig
10 ...Want Demas ...het die wêreld liefgekry...
Alle mense weet dat die kerk van die Here verval in die laaste dae. Maar hoe gaan dit ons gemeente raak? Ons gee in hierdie preek aandag aan die aspekte wat die Here in hierdie gedeelte openbaar.

Ons besin vanaand saam met die broeders en susters wat hulle geloof bely oor die verantwoordelikheid wat geloofsbelydenis op ons lê.
1.  Belydenisaflegging voor God is ‘n eed wat optrede vereis!
2.  Verantwoordelikheid word altyd aangeval deur teenstand.


1. Belydenisaflegging voor God is ‘n eed wat optrede vereis!

Paulus begin die saak waaroor hy nou wil handel baie ernstig. Hy sweer 'n eed by die Here. Dit is 'n besondere eed wat op twee sake wys:
Die opdrag wat dan gegee word, is: Verkondig die Woord!
Dadelik kom dit in 'n mens se gedagtes op dat die eedswering aan die begin darem baie swaar is vir so 'n eenvoudige opdrag soos: verkondig die Woord. Maar dink mooi.
Die eed aan die begin van die hoofstuk wil hê dat die kerk van die Here altyd met 'n baie sterk eindverwagting moet vorentoe lewe.
Die rustigheid en die vrede van geestesgawes soos geloof en liefde word soos waters wat in wyer en vlakker beddings loop totdat dit stilstaan.
Dit was in Timoteus se tyd al so, maar dit sal al hoe meer so word totdat die Here verskyn. Daarom word die opdrag gegee dat ons tydig en ontydig moet aandring op die eer van die Here.
2.  Verantwoordelikheid word altyd aangeval deur teenstand.

Kan u u indink hoe Timoteus na hierdie woorde geluister het?
Tog beskou die Here hom en sy gemeente goed genoeg om sy kinders te wees. Daarom die opdrag aan hulle: verkondig die Woord.
Dit is waarom die Here die toestand verduidelik:
Die gesonde leer is vir die ontwikkelde mens van die sonde te eenvoudig. Dit laat hom ook te laag op sy knieë buig. Die mens van die eindtyd is 'n mens wat self god wil wees, en wat nie deur die ware God geleer wil word nie.
Die Here laat ons nie in twyfel oor hoeveel "kerkmense" hierdie pad gaan loop nie!
Dit is eintlik jammer dat dit gebeur het, want dit beskryf hoe elke mens wat in 'n leë godsdiens ingaan, al hoe kaler word in sy geloof.
Sien u die gevaar, geliefdes in die Here?
·    In ons tyd maak baie dominees 'n saak daarvoor uit dat geloof en leer iets is wat maar is soos wat elke mens dit verstaan. Dan gaan dit oor 'n geloof en oor 'n leer van saligheid.
Hier lê die probleem van ons tyd. Dis presies waar die Here van julle openbare getuienis en onderskeiding gaan vra!
Ons gemeente loop ook onder hierdie aanslae deur.
Daar is oor elkeen van u in die hemel ‘n besluit geneem.  Hierdie besluit is deur God geneem voordat daar nog iets geskape was!
…soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,  deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil,  tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. (Efesiërs 1:4-6 AFR1953)
Voor die skepping het God al besluit dat ons heilig en sonder gebrek sal wees in Christus.  Net die feit dat die Here dit vir die gemeente in Efese skryf  -  waar timoteus  op ‘n stadium predikant was! -  beteken dat die Here ook verwag dat ons die teenstand wat ons hierteen gaan beleef moet hanteer!

Kyk hoe die Here die pad met ons loop:
U Here Jesus het na sy hemelvaart sy Heilige Gees na u toe gestuur om u in hierdie stryd by te staan. Die Here Jesus het ons met God versoen. Kom ons lewe in hierdie versoening en ons vervreem ons nie van die Here af met allerhande menslike uitvindings in die godsdiens nie.
Amen.

Slotgebed.

Slotpsalm 84:1, 2.

Aflegging van geloofsbelydenis

Psalm 134:4.

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr. M.J. du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 20 Oktober 2002.