Sing vooraf: Psalm
93:1,
Ons hulp
is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes,
genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur
die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.
Lofpsalm
47:4
Gebed.
- Doksologie:
- Aanbidding:
- Skuldbelydenis:
- Dank:
- Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk,
owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes
van God
- Algemene bede:
- Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens:
Amen.
Skrifberyming
1-1:5.
Skriflesing:
Jeremia 23.
Teks: Jeremia 23:23, 24;
Heidelbergse Kategismus Sondag 10
Is Ek
‘n God van naby, spreek die HERE, en nie ‘n God van
ver nie? Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek
hom nie sien nie? spreek die HERE. Vervul Ek nie die hemel en die aarde
nie? spreek die HERE. (Jeremia 23:2324 AFR53)
Die
Here het aan Jeremia openbaar dat Hy alomteenwoordig is en dat Hy die
hemel en die aarde vervul. Die openbaring van die Here het ’n
naam: Die leer van die Voorsienigheid.
- Hierdie leer van die Voorsienigheid leer baie duidelik dat daar niks
gebeur wat nie deur God se hand gebeur nie.
- Daar is nie iewers ’n skuilplek waar ons vir die Here kan
wegkruip nie.
- Job het
eenkeer gesê dat die diere ons kan leer, en dat die
voëls van die hemel ons te kenne kan gee wie die
Here is.
- Hy stuur ons na
die aarde self toe en na die see en die visse toe, sodat hulle ons moet
vertel dat die hand van die Here al hierdie dinge gemaak het, en dat
dit die hand van die Here is wat al hierdie dinge nog steeds onderhou
(Job 12 : 7 – 25)
Die
Here openbaar die dinge, omdat Hy wil hê dat ons die
geweldige troos in die feit van sy skepping en onderhouding van alle
dinge moet raaksien.
- Hy wil hê ons moet begryp dat daar in sy Raad vir ons
voorsiening gemaak word.
- In die Voorsienigheid openbaar God Hom aan ons as die Vader van almal
wat Hom vrees.
- Hoe versterk
die feit net nie ons geloof wanneer ons sò daaraan dink nie!
Wat is die
Voorsienigheid presies? Die antwoord kry ons in die Bybel
- soos ons dit opgesom het in die Nederlandse
Geloofsbelydenis (Art 13).
Ons
glo dat die goeie God, nadat Hy alle dinge geskep het, dit nie laat
vaar of aan die toeval of geluk oorgegee het nie maar dit volgens sy
heilige wil so bestuur en regeer dat in hierdie wêreld niks
sonder sy beskikking gebeur nie. …
- Hierdie leer bied onuitspreeklike troos as ons daardeur geleer word dat
niks per toeval oor ons kan kom nie maar alles deur die beskikking van
ons goeie hemelse Vader oor ons kom.
- Hy waak oor ons met vaderlike sorg en heers so oor alle skepsels dat
sonder die wil van ons Vader nie een haar van ons kop - hulle is almal
getel - en ook nie een mossie op die aarde sal val nie (Matteus 10:29,
30).
Ons
verlaat ons hierop, omdat ons weet dat Hy die duiwels en al ons vyande
in toom hou, sodat hulle ons sonder sy toelating en wil geen skade kan
aandoen nie. Daarom verwerp ons ook die gruwelike dwaling van
die Epikureërs, wat sê dat God Hom met niks bemoei
nie en alle dinge aan die toeval oorlaat.
In
die eerste plek beteken dit dat God voorsien. Met ander
woorde, dat Hy gee waar daar behoefte is.
- Hy het vir elke ding ‘n geskiedenis beplan.
- Die Uitverkiesing is ook deel van die voorsienigheid van God.
- Wanneer Paulus in die brief aan die Romeine skryf dat God nog voor
die geboorte van Jakob en Esau na hulle moeder toe gekom het, leer hy
ons baie duidelik dat die uitverkiesing ‘n deel van God se
raadsplan is
- Daar staan geskryf dat die geskiedenis van die twee manne presies
gebeur het soos God vooruit gesê het, sodat die voorneme van
God volgens sy uitverkiesing vas kan staan (Romeine 9)
Die
voorsienigheid is dus die almagtige en alomteenwoordige krag van God,
waardeur Hy hemel en aarde onderhou en regeer.
- God onderhou vandag nog steeds die hele skepping met presies
dieselfde almag as waarmee Hy dit geskape het.
- Hy onderhou dit met sy Vaderhand. God beplan alles nou so,
dat na die sondeval sy hele Voorsienigheid daarop ingestel is, dat
alles op die aarde tot sy eer en tot heil van sy uitverkore kinders
moet wees.
Volgens
die Bybel moet ons God se almag en sy wysheid sien uit die
gebeurtenisse in ons geskiedenis.
Verder
bely ons oor die almag van die Here dat God oor blare, gras,
reën en droogte, vrugbare en onvrugbare jare, en letterlik
alles beplan en beskik. Ons lees dit in Job 12
Kyk,
Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en
hulle keer die aarde om. (Job 12:15 AFR53)
- Ons kan met al ons wetenskap niks teen droogte vermag nie.
As God die reën in sy hand toehou, verdroog alles onder ons
versorging.
- So het ons
ook geen verweer teen vloedskade nie. Wanneer God die waters
loslaat sodat hulle die aarde omkeer, kan ons God se raad nie keer nie.
- Hieruit is dit tog meer as
duidelik dat die wêreld nie een oomblik sou bly staan as God
dit nie onderhou en versorg het nie.
Die
Voorsienigheid van God is juis die waarborg vir die voortbestaan van
die aarde, en daarom ook die waarborg van ons voortbestaan –
nou en in ewigheid.
Daar
is nie so ‘n ding soos toeval nie.
- God beskik oor alles.
- Daar bestaan nie iets soos toeval nie, want God bestuur alles met sy
Raadsplan.
- Hy beplan die geskiedenis van mense sò dat sekere dinge
met hulle gebeur, om daarmee inkeer of verharding te bewerk.
- Elke ding wat gebeur is die uitvoering van God se wette, en nie
onbeheersde toeval nie.
- In hierdie wetsgehoorsaamheid van die skepping blyk dat die
onberekenbare wysheid van God selfs vir die kleinste saak en die
nietigste dingetjie voorsiening maak.
- Die troos hiervan is dat God so almagtig is dat niks sy raad kan keer
of verander nie.
- Die Here
sal alles vir ons voorsien sodat ons uiteindelik in die ewige koninkryk
van God kan gaan woon.
Die
Voorsienigheid leer ons dat ons ten volle in Dr. M.J. du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 19 Maart 2006 (aand).
God se besit is.
- Selfs die kwaad word tot ons beswil beskik.
- God het maar net nodig om sy hand uit te strek en oop te maak, en ons
ontvang alles wat nodig is vir ons onderhoud.
Psalm
145:15,16 lui sò:
Die oë van
almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd. U
maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae. (Psalms
145:15-16 AFR53)
Daar
is net een God en sy hand regeer en bestuur alles.
Die
Skrif leer die Voorsienigheid van God ook juis so duidelik sodat ons
die troos het dat ons ons veilig op die Voorsienigheid van God kan
verlaat.
- Daar
hoef op geen stadium enige twyfel te wees oor die krag van God se
bewarende hand nie.
- In u
grootste teëspoed kan ons ons met vrymoedigheid op die raad
van God verlaat. Hy voorsien vir almal – veral vir
diè wat glo.
Na
die skepping kom die sondeval die wêreld binne.
- Daar in die Paradys beloof God aan die vrou, wat alles begin het, dat
die Verlosser uit haar gebore gaan word.
- God openbaar dat die inhoud van sy Raad (voorsienigheid) is dat Jesus
Christus as ‘n mens gaan lewe.
- Later openbaar Hy nog meer: Sy Seun gaan heeltemal sonder sonde lewe,
sodat die satan op Hom as mens geen houvas het nie.
- Die Here openbaar dat Hy beplan het dat sommige mense Hom nie as
‘n ewige God gaan aanvaar nie, maar Hom gaan verwerp.
- En so radikaal gaan verwerp dat Hy gekruisig gaan word.
- Die Here openbaar dat sy raad bepaal dat daar deur hierdie kruisdood
verlossing gaan wees vir diè wat in die Drie-Enige God glo,
en sy Raadsplan bely.
Hierdie
deel van God se Raadsplan is in ons geskiedenis vervul.
- Christus is gebore en kruisig.
- Hy het uit die dood opgestaan.
- Hy het hemel toe gevaar waar Hy nou voorbereidingswerk doen vir ons
koms.
Maar Hy
het die Gees na ons toe gestuur om in hierdie moeilike tye wat die
laaste tyd van die aarde kenmerk, ons Leidsman te wees.
- Die Gees leer en verseker ons dat ons te midde van alle spanning en
oorloë en verdrukking nog binne die raamwerk van God se
raadsplan is.
- Ons word steeds bewaar en deur God se eie hand deur die lewe gelei.
Kom
ons lees saam wat die Heidelbergse Kategismus Sondag 10 hieroor bely:
Vraag
27: Wat verstaan jy onder die voorsienigheid van God?
Antwoord:
Die almagtige en oralteenwoordige krag van God (a) waardeur
Hy hemel en aarde en al die skepsels asof met sy hand nog onderhou en
so regeer (b) dat lower en gras, reën en droogte (c), vrugbare
en onvrugbare jare, voedsel en drank, gesondheid en siekte (d), rykdom
en armoede (e) en alles, ons nie per toeval nie, maar uit sy Vaderhand
toekom (f).
(a)Hand 17:2528; Jer
23:23, 24; Jes 29:15, 16; Eseg 8:12. (b)
Heb 1:3. (c) Jer 5:24; Hand 14:17. (d)
Joh 9:3. (e) Spr 22:2. (f) Matt 10:29;
Spr 16:33.
Vraag
28: Wat baat dit ons dat ons weet dat God alles geskep het en
dit nog deur sy voorsienigheid onderhou?
Antwoord:
Dat ons in alle teëspoed geduldig (a) en in voorspoed dankbaar
(b) kan wees. Verder dat ons ook vir die toekoms 'n vaste
vertroue in ons getroue God en Vader (c) kan stel dat geen skepsel ons
van sy liefde sal skei nie (d), aangesien alle skepsels so in sy hand
is dat hulle sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie (e).
(a)Rom
5:3; Jak 1:3; Ps 39:10; Job 1:21,
22. (b) 1 Tess 5:18; Deut 8:10. (c) Ps
55:23; Rom 5:4. (d) Rom 8:38, 39. (e) Job
1:12; 2:6; Spr 21:1; Hand 17:2.
Amen.
Slotgebed.
Slotpsalm
99:1, 4, 5.
Die
genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die
gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.
Dr. M.J. du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 19 Maart 2006 (aand).
Tog
is God nie die bewerker van die sondes wat gedoen word nie en Hy dra
ook nie die skuld daarvoor nie. Sy mag en goedheid is immers
so groot en onbegryplik dat Hy sy werk baie goed en regverdig beskik en
uitvoer, selfs al handel die duiwels en goddelose mense
onregverdig. Ons wil ook nie verder as wat ons kan verstaan,
nuuskierig ondersoek instel na dié dinge wat Hy bo die
vermoë van die menslike verstand doen nie;
inteendeel, ons eerbiedig juis in alle nederigheid en in aanbidding die
regverdige oordele van God wat vir ons verborge is. Ons is
tevrede daarmee dat ons leerlinge van Christus is om slegs te leer ken
wat Hy aan ons in sy Woord openbaar, sonder om die grense daarvan te
oorskry. (Nederlandse Geloofsbelydenis; res van art 13)