Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm 16:1, 3

Geloofsbelydenis

Wet

Psalm 107:5, 6

Gebed

Psalm 2:1

Skriflesing:    Openbaring 15:1 – 16:2
Teks:            Openbaring 16:2

Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.

Die opskrif van hierdie preek is: Die einde - genade en oordeel

Voordat die Here op die wolke verskyn om die laaste oordeel uit te voer, voltrek die engele op sy bevel sy grimmigheid oor die aarde. Daar is sewe engele en elkeen van hulle het ’n skaal wat ’n deel van God se oordeel bevat. Die genade is egter so groot dat net die wat die dier aanbid elke keer die smarte oorkom – die ware gelowiges word deur die Here bewaar van sy oordeel.

Ons kyk na hierdie openbaring van die Here uit die volgende gesigspunte:
1. Die geskiedenis
2. Die oordeel
3. Die verlossing in Christus
 
1. Die geskiedenis
Omdat die Here ’n God van genade is, word daar eers aan Johannes ’n gesig geopenbaar van hoe dit sal wees as die wêreldgeskiedenis verbygegaan het. Hoofstuk 15:2-4 gryp vooruit na die toestand wat sal heers nadat die sewe engele klaar hulle skale uitgegooi het. Die verlostes sal dan ’n loflied sing oor die gerig wat die Here uitgeoefen het met die plae wat oor die aarde beskik is.

Die bedoeling van die gedeelte is dat die Here eers aan die lesers van die boek twee dinge wil openbaar:
Al die dinge wat in hoofstuk 15 staan, berei ons voor om die gebeure wat in hoofstuk 16 beskryf word te verstaan. Johannes sien ’n teken in die hemel wat hom in verrukking laat: Daar verskyn sewe engele.
Wanneer hierdie bakke uitgegooi word, breek die eindoordeel oor die aarde aan, waarna die ewigheid by God in die hiernamaals begin. Dit word in hoofstuk 16:17 beskryf.

As ons na die oordele luister, wil ons in vrees verval oor die verskriklikheid daarvan. Beleef die gelowiges wat die laaste oomblikke van ons geskiedenis lewe dit ook so?
Die bedoeling van die loflied is dat die ware gelowiges die tekens van die tye sal verstaan, en uiters dankbaar is dat die einde aangebreek het.
In vers 3 en 4 is daar ’n parallel met Exodus 15. Dis die lied wat die Israeliete na die uittog gesing het. Kyk na die ooreenstemming:
Die saak word sterk gestel dat daar geen mag is wat op daardie oomblik die regverdigheid van God se dade betwyfel nie:

Omdat U regverdige dade openbaar geword het (15:4).

Die wydheid van Jesus se verlossingswerk word ook geopenbaar:
Eerste openbaar die Here daarmee dat Hy die God en Heerser oor alle volke is.
Vers 5 gryp by alles verby tot op die eerste oomblikke van die Koninkryk self.
2. Die oordeel
Daar is twee dinge wat daarop dui dat dit baie belangrike engele moet wees wat hierdie werk gaan uitvoer:
Vers 7 openbaar hoe een van die vier lewende wesens aan elkeen van die sewe engele ’n goue skaal gee. Elke skaal is vol van God se toorn.
Nadat alles gebeur het wat in hoofstuk 15 beskryf is, is die hele toestand en opset reg dat die sewe engele elkeen hulle skale of bakke op die aarde kan uitgooi.
Die gebeure rondom die skaalbakke wat uitgegooi word, sluit (net soos die lied van Moses) aan by die uittoggeskiedenis: In die eindoordeel gebeur die verlossingsgeskiedenis baie soos wat dit gebeur het met die verlossing uit Egipteland.
Die eerste engel gooi die inhoud van sy skaal se bak op die aarde uit.
Dis nie ’n nuwe ding dat daar onder mense wat God nie aanvaar nie, of wat hulle teen Hom verset, bose swere uitbreek nie.
Eksodus 9:11:

En die towenaars kon voor Moses nie staan vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en al die Egiptenaars.

Later in die geskiedenis was daar weer ’n heidense volk – die Filistyne – wat teen Israel oorlog gevoer en hulle verslaan het.
Ons weet dus uit die geskiedenis dat die Here so ’n werkswyse het om ongelowige mense met bose swere te tref wanneer Hy hulle straf. Die swere wat volg op die eerste skaal, lê dus heeltemal in lyn met die normale openbaring van die Here.

3. Die verlossing in Christus
By al die oordeel en grimmigheid van die Here is die genade baie duidelik.
Oor hierdie mense staan daar nog iets belangriks by:
Dit is ook weer dieselfde as wat dit was in die Ou Testament.
Dan vra ons: Waarom kom die gelowiges dan skotvry daarvan af? Word die skaal dan nie oor die hele aarde en al die mense uitgegooi nie?
Verder is dit ook so dat die Heilige Gees oor die kerk uitgestort is. As ons dit in verband bring met hierdie skale wat die een na die ander die toorn van die Here oor die aarde uitgooi, sien ons dat die mense wat deur die oordele getref word, nie tot bekering kom nie.

Die werk van die Heilige Gees oor ons maak juis dit presies anders – ons reageer nie soos die ongelowiges nie.
Johannes begin hierdie gedeelte deur te vertel dat hy juis ’n teken gesien het.
Die Here sê nie wat die bose swere gaan veroorsaak wanneer die eerste skaal uitgegooi word nie. En ook nie hoe dit gaan lyk nie.
Dit alles maak die troos vir u soveel sterker.
Daarom verheug die gelowiges hulle in die dinge wat God doen en prys die gereddes die Here met lofsange in hierdie moeilike tye. Hulle blydskap is omdat die Here die wêreld suiwer maak en heilig:
Amen.

Slotgebed

Slotpsalm 97:1

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr MJ du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 2 Mei 2004 (oggend)