Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.

Lofpsalm 9:1, 7, 9

Geloofsbelydenis: Apostolicum

Wet

Psalm 40:4

Gebed

Psalm 49:6

Skriflesing:    Openbaring 16
Teks:            Openbaring 16:17

En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ’n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!

Die sewende skaal word uitgegooi en die einde breek aan.
Ons behandel die preek aan die hand van die volgende indeling:
1. Wêreldtoestand wat die uitgiet van die skaal voorafgaan
2. Teen wie rig die sewende skaal hom?
3. Deur Christus verlos

1. Wêreldtoestand wat die uitgiet van die skaal voorafgaan
Die politieke toestand in hierdie tye sal gekenmerk word deur valsheid en leuens.
Hierdie magte het min vrede met die gelowiges. Hulle vervolg die gelowiges. Die rede daarvoor is ook voor die hand liggend:
2. Teen wie rig die sewende skaal hom?
Die ander skale het nou al die plante en die gras en die see en die riviere en die son getref, maar die lug is nog nooit getref nie. Nou word die lug getref.
Die sewende skaal maak ’n einde aan alles.
Met hierdie sewende skaal rig die Here Hom tot die sentrum van die onheilige magte, en vernietig die Here hulle in die hart van hulle bestaan. Daarmee saam word alle lewe op die aarde tot ’n einde gebring.

Dit verklaar waarom vers 17 afsluit met die woorde: Dit is verby!
Meteens is daar magtige tekens in die skepping wat die verskyning van God aankondig:
Kyk na die effek van die aardbewing:
Die hele skepping sukkel om die geweld van die laaste skaal te hanteer:
Die betekenis hiervan is dat groot getalle mense doodgaan.
Waarskynlik is daar nog mense iewers aan die lewe. Dan kom hierdie verskriklike haelstorm.
Agter alles sit die hand van die Here. Die spesifieke beskrywing dat hierdie haelstene uit die hemel val, vertel juis dit. Dit word van bo af, van God af, beskik.

En die verstommendste van alles:
3. Deur Christus verlos
Ons moet nie, wanneer ons die gebeure rondom die sewende skaal lees, vergeet wat die Here aan die begin van hierdie boek gesê het nie.
Daar staan in hoofstuk 1:5-7 dat Hy ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed.

…en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen. Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige. (Op. 1:5-7 AFR53)
Die Here noem Homself: Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige!
Presies dit kom ook uit in die woorde van die Here dat die mense die Here swaar sal laster wanneer die laaste skaal in die lug uitgegooi word.
Die heerskappy van Christus staan vas.
Die laaste oomblikke van die aarde se geskiedenis word gekenmerk deur aardbewings en stede wat in puin neerstort, en haelstene wat alles inmekaar laat val.
Broeders en susters, moenie die eindgeskiedenis vrees nie. Ook nie die magte van ons tyd wat met soveel moord en geweld hulle hande op alles probeer lê om alles in hulle mag te kry nie. Weet:
Amen.

Slotgebed

Skrifberyming 18-7:1, 12 (45:1, 12)

Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.

Dr MJ du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 13 Junie 2004 (oggend)