Sing vooraf: Psalm 43:5;
Ons hulp is in die Naam van die Here
wat die hemel en die aarde geskape het.
Geliefdes,
genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur
die kragtige werking van God die Heilige Gees.
Amen.
Lofpsalm
138:3, 4.
Gebed.
- Doksologie:
- Aanbidding:
- Skuldbelydenis:
- Dank:
- Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk,
owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes
van
God
- Algemene bede:
- Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens:
Amen.
Skrifberyming
1-1:6, 7.(24:6,7).
Skriflesing:
Openbaring 22.
Teks: Kategismus Sondag
22; Openbaring 22:5d
En
nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie,
omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in
alle ewigheid. (Openbaring 22:5 AFR53)
…en
hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid!
Die
twee heiligste plekke op die aarde was sekerlik die Paradys en
Jerusalem.
- Altwee het egter in die tyd onder die sonde deurgeloop en ook
uiteindelik verbygegaan.
- Die aardse Paradys het deur die sonde van die mens tot niet gegaan.
- Die aardse Jerusalem word uiteindelik verwoes omdat dit Christus
verwerp het.
Tog
herskep God se groot genade hierdie twee tot 'n nuwe eenheid: 'n
Paradysstad waar die verloste mense onder die heerlikheid van God woon.
- Hierdie twee plekke word saamgevoeg tot 'n nuwe eenheid - die
koninkryk van die hemele.
- In hierdie plek gaan ons salig lewe tot in ewigheid.
Ons
gee aandag aan twe sake:
1. Ons siele word
dadelik as ons sterf by die Here opgeneem.
2.
Ons liggame word ook in God se heerlikheid opgeneem.
1.
Ons siele word dadelik as ons sterf by die Here opgeneem.
Openbaring
21 beskryf die plek waar die verlostes gaan bly: die Nuwe
Jerusalem. Dit is 'n stad sonder son of maan, maar nogtans
loop
dit oor van die heerlikheid van die Here. Daarna volg
Openbaring
22 met 'n beskrywing van die herstelde Paradys met kristalriviere en
die boom van lewe wat reg deur al twaalf maande vrugte dra.
- Hier woon 'n skare van mense wat deur niemand getel kan word nie.
- Hulle is die heiliges wat deur die bloed van Jesus Christus verlos is,
en wat na hulle aardse dood deur die krag van God opgewek word tot
hierdie ewige lewe.
Die
Here het 'n vaste werkswyse hoe Hy ons daarheen laat gaan.
- Sodra ons sterwe, word ons siel dadelik tot die Here opgeneem.
- Ons lees in Lukas 16:22 dat die engele Lasarus weggedra het.
- Dis 'n beeldende manier van vertel dat ons nie uit eie kragte na die
Here se ewige koninkryk toe gaan nie.
- Die Here neem ons daarheen deur sy krag.
- Dadelik wanneer ons sterf op die aarde, is ons in die hemel.
Ons
gaan ook nie met ons dood eers na 'n vae en ongedefinieerde blyplek
waar siele bewaar word tot met die wederkoms nie.
- Ons is dadelik op hierdie plek waarvan ons gelees het.
- Anders gestel: Ons is dadelik by Christus ons Hoof.
- Hoe dit gebeur kan ons nie nou-al sê nie. Daar staan net in
Psalm 73:24
U sal my lei deur u raad en my
daarna in heerlikheid opneem. (Psalms 73:24 AFR53)
Wanneer
ons sterf, en die Here neem ons op by Hom, is ons waar Jesus Christus
is.
- Paulus skryf in Filippense 1:23 dat hy 'n verlange het om heen te gaan
en met Christus te wees.
- Dit beteken tog dat Paulus daarmee sê dat hy dadelik as hy
sterf
by die Here Jesus is.
Daar
is natuurlik die uitsonderings ook.
- Ons lees van Henog en Elia wat nie doodgegaan het nie.
- Die Here het hulle opgeneem sonder dat hulle gesterf het.
- Die mense wat nog lewe die oomblik wanneer die Here op die wolke kom,
sal ook nie sterf nie.
- Ons lees in 1 Korintiërs 15 dat die Here hulle in 'n oogwink
sal
verander, sodat hulle ook volmaak sal wees soos die wat op daardie
oomblik hulle liggame uit die aarde terugkry.
Dit
is 'n groot troos vir ons gelowiges om die dinge te weet, want die dood
bly maar 'n verskrikking en elke normale mens wonder maar altyd wat
word van ons wanneer ons doodgaan:
- Ons kan egter met baie troos ons dood afwag, want ons ewige opstanding
rus op God se genadewerk in die versoening van Jesus Christus.
- Openbaring 22 stel dit duidelik dat Hy ons opneem na 'n plek waar
lewende water is, en waar daar oorvloed is en onmeetbare vreugde.
2.
Ons liggame word ook in God se heerlikheid opgeneem.
Die
Here se genade is so groot en wyd oor ons. Hy openbaar aan ons ook
dinge oor die toekoms van ons liggame.
- Ons ervaring van ons liggame is dat dit soos ons ouer word, deur siekte
en pyn afgebreek word, en wanneer ons doodgaan, ontbind ons liggame
heeltemal.
- Dit wat ons sien, lyk soos totale vernietiging.
Dit
is wat die duiwel wil hê dat ons moet sien.
- Hy wil hê ons moet dink dat die lewe vir ons eindig in
ontbinding, want hy probeer daarmee om ons vertroue in die almag van
die Here en ook in ons eie opstanding te laat krummel.
As
u mooi dink en die Bybel in u gedagtes terugroep, dan lees ons nie dat
die Here siele uitverkies het nie.
- Hy het mense verkies.
- Jesus sterf ook nie vir siele nie.
- Hy sterf vir sondaars tot versoening: dus vir mense.
- 'n Mens is liggaam en siel.
- Die Here het die mens bestaande uit liggaam en siel gemaak,
tot
die geloof geroep en verlos tot die ewige lewe.
- Die Seun van God het ons liggaam en ons siel vrygekoop en tot die ewige
lewe verheerlik.
Die
Heilige Gees woon ook nie in siele nie. Hy woon in mense.
- Hy lei mense in die geloof sodat hulle in hierdie lewe ook reeds
bekwaam word om hulle liggame te gebruik as wapens om God se
geregtigheid te handhaaf.
- Hy lei mense in die geloof sodat hulle in hierdie lewe ook reeds met
hulle liggame die reinheid en heerlikheid van God kan spieël
voor
die ongelowiges (en natuurlik ook voor die engele van die Satan!).
- Hierdie liggaam staan ook uit die dood uit op.
Daar
staan in 1 Korintiërs 15:19 dat ons die ellendigste van alle
mense
sou gewees het as ons nie uit die dood sou opstaan nie.
- Nog in 1 Korintiërs 15 verhaal die Here dat op sy bevel ons
sal
opstaan - soos wat Hy as eersteling opgestaan het, net so sal ons Hom
volg by sy wederkoms.
- Natuurlik is daar 'n verskil tussen die liggaam wat ons dan sal
hê en die een wat ons nou het, want dan sal ons 'n
verheerlikte
liggaam hê - teenoor die liggaam wat deur
sonde
besoedel is wat ons nou het.
- Op 'n manier gaan die Here ons liggaam verander. Hoe dit presies sal
wees, weet ons nog nie, maar die Here openbaar in 1 Korintiërs
15:43 dat die verheerlikte liggaam verskil van ons aardse liggaam.
Hierdie
verheerlikte liggame van ons sal geen gebreke hê nie.
Filippense
3:23 beskryf hierdie nuwe liggaam so:
Want
ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag
die Here Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van
gedaante
sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam
volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp. (Filippense 3:20-21 AFR53)
U
moet net nie
begin twyfel en wonder of dit moontlik is dat so-iets sal gebeur nie.
Dit sal, want die Here laat Paulus die volgende woorde neerskryf in 1
Korintiërs 6:14
En God het ook die Here
opgewek en sal ons opwek deur sy krag. (1 Korintiërs 6:14
AFR53)
Jesus
self het dit ook gesê. Dit staan in Johannes 6:39:
En
dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee
het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
(Johannes 6:39 AFR53)
Luister
aandagtig na
die punt wat Jesus hier maak: Hy bewaar ons en Hy wek ons op op die
laaste dag. Dit is natuurlik die dag wanneer Hy weer kom.
Hierdie
dinge is die sluitsteen van ons geloof, want dit gee ons 'n visie wat
ver bo alle aardse toekomsplanne uitgaan.
- Dit laat ons ook ons angs vir die dood verloor.
- Die Here gaan ook alle ander slytbaarhede, soos maatskaplike sisteme en
regeringssisteme en al daardie soorte van dinge verander, want Hy gee
vir ons 'n nuwe aarde met 'n nuwe stad en 'n volmaakte lewe, waarin ons
soos die boom van die lewe wat daar groei, regdeur die jaar ons vrugte
gee - met liggaam en siel.
Kom
ons lees saam wat ons van hierdie dinge bely in Kategismus Sondag 21:
Vraag
57: Watter troos gee die opstanding van die liggaam aan jou?
Antwoord:
Dat nie alleen my siel na hierdie lewe dadelik tot Christus, sy Hoof,
opgeneem sal word nie (a), maar ook hierdie selfde liggaam van my, deur
die krag van Christus opgewek, weer met my siel verenig en aan die
heerlike liggaam van Christus gelykvormig sal word (b).
(a)Luk
16:22; 23:43; Fil 1:21, 23. (b) Job
19:25, 26; 1 Joh 3:2; Fil 3:21.
Vraag
58: Watter troos skep jy uit die artikel van die ewige lewe?
Antwoord:
Dat, aangesien ek nou alreeds die begin van die ewige vreugde in my
hart ervaar (a), ek na hierdie lewe volkome saligheid sal besit - 'n
saligheid wat geen oog gesien, geen oor gehoor en in die hart van geen
mens ooit opgekom het nie - om God daarin ewig te prys (b).
(a)2
Kor 5:2, 3. (b) 1 Kor 2:9.
Amen..
Slotgebed.
Slotpsalm
119:62.
Die
genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die
gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal.
Amen.
Dr. M.J. du Plessis
Gereformeerde Kerk Bellville
Datum: 6 November 2005 (aand).