Kerkgebou

Die Gereformeerde Kerk
Bellville

Die Gereformeerde Kerk
Bellville

Kerkseel

Aksie: SKIEREILAND VIR CHRISTUS

Ons missie:
  • Die Gereformeerde Kerk Bellville bedryf 'n projek om minder bevoorregte kinders uit ons plaaslike gemeenskap te versorg en op te hef.  Ons projek staan bekend as Skiereiland vir Christus.  Die gebied wat ons geïdentifiseer het en waarin ons werk,  is die Ruyterwacht en Elsiesrivier gebied.  In samewerking met die skoolhoof van die Laerskool de Waveren reik ons uit na bepaalde kinders en hulle gesinne wat geïdentifiseer word.
  • Die teikengroep is veral kinders waar armoede,  werkloosheid,  drankmisbruik,  mishandeling,  seksuele molestering,  egskeiding,  ens 'n jammerlike werklikheid is.
  • Ons probeer om deur die kinders ook die huisgesinne te bereik en op te hef sover dit binne ons vermoë is.
  • Ons neem hierdie kinders op 'n vaste basis na ons kerksentrum toe waar ons aan hulle opvoeding,  kunsklasse,  ontspanning en Bybelklasse aanbied.


Vir navrae skakel asb dr  Thinus du Plessis of sr Gerry van der Walt.