
Ds Coen saam met Deléne, Chrisjan en Deléne (jr)
Coen Vrey is in 1965 in Krugersdorp gebore. Hy het sy Laerskool
loopbaan in 'n plaasskool op Buhrmansdrift in die Wes-Transvaal
begin. In 1983 het Coen aan die Hoër Tegniese Skool Port Elizabeth
gematrikuleer. Aan die einde van 1983 het Coen by die Gevangenis
Diens begin werk. In 1988 het hy sy studies aan die PU vir CHO begin.
In 1990 behaal hy die BA Graad, in 1991 BA Hons (Grieks), in 1992 MA
(Grieks), en in 1995 behaal hy die ThB Graad. Aan die begin van 1997
is Coen en Deléne in Potchefstroom getroud.
Deléne is in 1974 in Potchefstroom gebore. Sy het groot geword in
Pretoria. Aan die einde van 1992 matrikuleer sy aan die Hoërskool
Oos-Moot. In 1995 behaal sy die BA Graad en in 1996 kwalifiseer sy as
onderwyser. Deléne het ook haar BEd Hons (Opvoedkundige sielkunde)
deeltyds gedoen en behaal die graad in 2011.
Op 1 Maart 1997 is Coen bevestig as predikant in Venterstad. Daar
dien hy tot 2000 en daarna in Oudsthoorn (2000 tot 2006) en in
Rustenburg-Noordoos (2006 tot 2011) as predikant. Op 24 Julie 2011 is
hy in Bellville as predikant bevestig.
Chrisjan is in 1998 in Bloemfontein gebore. Deléne (jnr) is in 2001
in Oudtshoorn gebore.